Neem deel aan Ons Radio se gunsteling kompetisies

Reëls: (Terme en Voorwaardes)

  1. Alle kompetisies sal altyd geaktiveer word deur die kompetisie/ wen pryse “button” op die Ons Radio App.
  2.  Die wenner is nie noodwendig die eerste inskrywing nie en kan getrek word.
  3. Pryse kan enige plek in SA versend word na die naaste The Courier Guy tak op Ons Radio se onkoste behalwe indien anders vermeld in die spesifieke kompetisie. Dit is verder die wenner se verantwoordelikheid om sy / haar prys daar te gaan afhaal op eie onkoste.
  4. Slegs 1 prys per persoon per kompetisie.
  5. Wenners mag nie binne 30 dae deelneem aan verdere kompetisies op Ons Radio nie.
  6. Die besluit van Ons Radio is finaal, nie onderhandelbaar nie en daar sal nie in oor gekorrespondeer word nie.
  7. Die onus berus op elkeen wat deelneem om hom of haar te vergewis van die kompetisie reëls.
  8. Wenners sal gevra word om vir Ons Radio ‘n foto te stuur wat hulle neem wanneer hulle hul prys ontvang en Ons Radio toestemming gee om dit op ons webwerf en sosiale blaaie te plaas.
  9. Daar mag kompetisies wees met bykomende reëls en dit sal saam met die kompetisie geplaas word.
  10. Geen pryse kan vir kontant omgeruil word nie.
  11. Indien daar nie n minimum van 300 kaartjies verkoop word vir die BMW motorfiets kompetisie nie, behou Ons Radio die reg voor om die inskrywingsgelde terug te betaal aan die deelnemers

Stuur vir ons jou kompetisies vir meer blootstelling.